
Gill Laerskool Koshuis
Junior Koshuis is 'n integrale deel van Laerskool Gill. Verblyf word vanaf Maandagoggend tot Vrydagmiddag aan leerders van graad 1-7 gebied. Dit bied ook nasorg aan ons leerders Maandag-Donderdag, vanaf naskool-17:00 om leerders in staat te stel om hul buitemuurse aktiwiteite by te woon.
Junior Koshuis dra die belange van die kinders op die hart en dra by tot die etos van Laerskool Gill.
'n Ruimte om jou eie te noem

Ons slaapkamers het 'n bed en 'n matras. Kosgangers word aangemoedig om hul eie ruimte te skep.
Eetkamer

Ons koshuisleerders geniet daagliks 3 tuisgemaakte maaltye wat in ons eetsaal bedien word. Ons bied ‘n sluitkas vir beide ons inwonende en nasorgkinders, wat hulle ‘n spasie bied om hul persoonlike besittings te bêre.
Studiesaal

Akademie is ‘n uiterse belangrike deel van ‘n kind se skoolloopbaan en ons het bevind dat die toegang tot hul eie studieruimte hul konsentrasievermoë verhoog. Elke koshuisleerder het hul eie lessenaar tot beskikking vir 2 ure lank.
Sitkamer

Om te ontspan en te ontlaai na ‘n lang skooldag is van kardinale belang. Ons sitkamer is die perfekte ruimte vir ons kinders om hul voete op te skop en ‘n goeie boek te lees.
Apparte afdelings vir seuns en dogters.

Ons dubbelverdiepinggebou stel ons in staat om twee afdelings met aparte kamers vir seuns en dogters te hê. Elke afdeling het te alle tye ‘n koshuispersoneellid teenwoordig.
Kindervriendelike badkamers

Ons het aparte badkamers vir seuns en dogters wat toegerus is met kinderwasbakke, toilette, storte en daar is 3 baddens.
